skakel-081966
 
top20btn

Die Amerikaanse popster Chris Brown is in Los Angeles in verband met die rig van ‘n vuurwapen op  ‘n vrou gearresteer.

Volgens die polisie het ’n vrou vroegoggend die 911-noodlyn  geskakel.

Die 27-jarige Brown  het op Instagram ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het en gesê die eerste wat hy van die storie gehoor het, is toe hy gisteroggend deur die polisie by sy huis in die San Fernando-vallei wakker gemaak is.

 

Die saak waarin drie eisers die hooggeregshof in Kaapstad versoek om die gebruik van dagga wettig te verklaar, begin na verwagting vandag.

Die eisers, onder wie die voorsitter van die Dagga Party, Jeremy Acton , het ’n aansoek in dié verband  by die hof ingedien.

Die saak is verlede Desember vir ’n onbepaalde tyd uitgestel nadat  ’n volbank regters bevind het dat daar nie voldoende mediese bewyse is om dagga te wettig nie.

 

'n Woordvoerder van Eskom, Khulu Phasiwe, het bevestig dat die kragverskaffer gister dokumente wat die Tesourie aangevra het, oorhandig het. Die dokumente hou verband met 'n ondersoek na die kragverskaffer se steenkoolkontrak met 'n maatskappy wat bande met die berugte Gupta-familie het.

Die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het Eskom gister aangesê om die dokumente onverwyld aan die Tesourie beskikbaar te stel. Intussen sal die bestuurshoof van Eskom, Brian Molefe, vandag die kragvoorsiener se finansiële state en jaarverslag aan die parlement voorlê.

 

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2016 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na